Dop die lietsjies af en pak hulle styf in gesteriliseerde inmaak flesse. Breek die pypkaneel in stukkies op en verhit dit saam met die brandewyn, strooisuiker en naeltjies oor lae hitte net totdat al die suiker opgelos is. (Die stroop moet nie kook nie, want dan verdamp die alkohol.) Giet die stroop oor die lietsjies. Voeg ekstra skoon brandewyn by indien die stroop te min is om die flesse te vul. Verseel die flesse en bewaar op droe koel donker plek.







