INGEMAAKTE LIETSJIES
Dop die lietjsies af en ontpit dit oor ‘n vlykvryestaal- emalje- of erderbak om die sap te vang wat afdrup. Kook ‘n matige stroop van 200g wit suiker per 500ml water waarby die lietjiesap gevoeg is. Plaas die lietjies in die kokende stroop en laat dit net weer opkook.
Skep die lietjies in warm, voorbereide flesse en vul dit met die kokende stroop. Verseël die flese en draai die proppe ‘n halwe draai los. Plaas die flesse in ‘n waterbad en steriilseer dit 15-20 min lank by 90°C. Haal die flesse uit die water en draai die proppe styf vas.
Lietjies kan met groot sukses gevries word. Pak dit met doppe en al in stywe vrieshouers of sakkies en bevries dit. Dit kan ook tot 3 maande by ‘n temperauur van -1°C – 7°C bewaar word.







