

LEKKER VISGEREG
8 tot 10 stukkies stokvis (hake)
2 bakkies room
2 pakkies Royco fish bake
Sampioene
Uie
Chedder kaas
Ina Paarmen se vis speserye
Maak sous aan in beker (room en fishbake)
Vat ‘n diep bak en skep eers ‘n lagie sous en dan pak ‘n laag vis, sprinkel speserye oor.
Sit dan gesnyde sampioene en uie oor.
Pak weer ‘n laag vis en sprinkel speserye op.
Skep die res van sous oor.
Rasper kaas oor.
Bak teen 180ºC vir 60 min.
Bedien saam rys.
Foto en resep: Marian van Deventer






