Poffertjies:
250ml kookwater,
120g botter in blokkies gesny,
250ml koekmeel
1ml sout,
4 eiers.
Roomvulsel:
10ml kitskoffiepoeier,
15ml watm water,
250ml room,
20ml versiersuiker gesif.
Poffertjies:
Roer kookwater en botter in kastrol oor matige hitte tot botter gesmelt het. Sodra dit vinnig begin opkook, voeg meel en sout als felyk by en roer met houtlepel tot mengsel n pasta vorm wat nie meer aan di boom of kante van di kastrol vaskleef ni. Verwyder van hitte. Skep mengsel in di bak van n voedselverwerker en laat 5min afkoel. Klits eiers goed en voeg bieq vir bieq by, meng goed na elke byvoeging. Moenie al di eier byvoeg indien dt ni nodig is ni. Deeg is reg as dt so blink soos satyn is en vorm behou aan n lepel. Voorverhit oond tot 200C. Smeer 2 bakplate liggies. Skep teelepels vol van di deeg omtrent 4cm vn mekaar of of vorm met versierbuis. Bak 15min lank, verminder temp tot 180C en bak nog 20-25min lank. Haal poffertjies uit oond en skakel oond af. Sny opening aan kant van elke poffertjie en plaas 30min lank terug in di oond met di deur oop sodat dt kan uitdroog.
ROOMVULSEL: Los koffiepoeier in warm water op en laat heeltemal afkoel. Klits room en versiersuiker tot styf en meng koffiemengsel by. Vul poffertjies net voor opdiening
FOTO- Tanya Smith








