KARAMELSOUS VIR PAMPOENKOEKIES
250 ml suiker
60 ml botter
250 ml water
250 ml melk
25 ml vlapoeier
1 teelepel kamarel essens
Braai die suiker en botter in ‘n dikboom kastrol tot goudbruin. Roer dan die water versigtig by en dan die
melk en essens. Roer aanhoudend totdat suiker gesmelt het. Maak die vlapoeier aan met bietjie
koue water, roer by die sous.
Verhit totdat sous verdik. Gooi sous bo-oor pampoen koekies.
Resep: Sanchen Grobler
My ouma se resep! Sous:
500 ml bruinsuiker
250 ml melk
125 ml water
10 ml karamelgeursel
25ml mielieblom (maizina)
Gooi melk en suiker in kastrol, bring tot kookpunt oor lae hitte, roer mielieblom in water, voeg by melkmengsel, kook liggies vir 5 min, verwyder van stoof en roer geursel by, gooi oor pampoenkoekies
Floraine Wasserman Venter








