SUURVYE BLATJANG
2 koppies suurvye
2 koppies witasyn
750 ml tamatiesous
2 koppies suiker
2 koppies methi masala
½ koppie Worcestersous
½ koppie kerrieblare (Curry Leaves)
Laat vye in kokende water hidreer. Verpulp vye, asyn en res van die bestanddele in ‘n voedselverwerker. Kook oor lae hitte, roer nou en dan. Verkoel. Bêre in yskas.








