Kook so 5 groot artappels tot amper gaar hulle moet nog so bietjie hard in die middel wees.
Terwyl die aartappels kook plaas 500 g maalvleis, ‘n gekerfde uie en so bietjie knoffel in die pan en braai vir so 5 min .
Voeg 250g spekblokkies by die maalvleis en hou aan braai.
Voeg’n koppie gerasperde wortels, paar hande vol gevriesde ertjies, blikkie mielies en ‘n blikkie boontjies by die vleis en kook deur.
Dan so ongeveer 2 eetlepels bisto wat met asyn en so ongeveer 1 koppie water aangemaak is, woestersous, blatjang, peper, bbq spices en wat jy nog wil by die vleis en kook vir so paar min.
Sny aartapels in dun skywe, skep die vleismengsel in die bak en pak die aartappelskywe bo-op. Sit stukkies botter op die aartappels en strooi vol met parmazaan kaas en swart peper en sout, sit in die oond by so 200 ºC tot dit lekker borrel en die aartappels begin krisp.








