Jy vat jou hoender en gooi klein bietjie olie bo-oor en strooi hoenderspeserye oor. Bak in die oond op 220 grade C vir so halfuur. Moenie stukke omdraai nie, skud net die oondpan na so 20 minute om seker te maak jou hoenderstukke sit nie vas nie. Braai nou uie en maak ‘n lekker kerriesous na smaak. Ek het Durban kerrie gebruik. Meng bietjie chutney by om ‘n sousie te maak. Kook intussen jou aartappels en wortels tot net net sag.
Pak die aartappels en wortels onder, sit gebakte hoenderstukke bo-op en gooi kerriesous oor en bak verder op 180 grade vir ‘n driekwart uur. Wanneer dit uit die oond kom strooi gekapte ‘coriander’ oor en bedien met basmati rys.
BRON- Leanne Thurston Coetzer