DIE WENNER VAN ALLE SALAMI
“ready packs” spices wat jy kan koop en maak…
10 kg wildsvleis..sonder senings.
5 kg vet ( Skaapstert, beesbrisket, of varkspek)
Maal die vleis deur n 4-6mm siffie en VRIES dit.
Vries die vet sonder om dit te maal.
Wanneer die vleis gevries is, saag jy dit in klein blokkies 1 duim X 1 duim omtrent, en so ook met die vet wat gevries is.
Nou maal jy die vet en die vleis saam deur n growwe sif 8-13mm om dit te breek.
Voeg een pakkie “SALAMI G” van Crown National oor en so 60 ml droë rooiwyn, meng dit goed deur.
Vat so 15 Salami casings, of “visnat” casings, en laat le dit in koue water vir 5 minute.
Maal nou weer alles saam deur ‘n klein siffie 4-4.5mm, en stop dit dadelik lekker styf, in “VISNAT” of salami casings omtrent 50mm caliber, vir klein salamis.
DIE GEHEIM IS….WERK MET GEVRIESDE VLEIS!!!ander bind die salamis partykeer nie……en onthou dit word nie gekook nie.
Nou maak jy dit in n groot plastiek sak toe en laat in die koeler staan oornag.
Hang dit in die oggend uit tot die aand om lekker af te droog.
Nou hang jy hulle in ‘n rook kamer of rookkas wat KOUD rook, tot die volgende oggend, dan haal jy dit uit, maak dit weer in plastieksak toe en laat le weer in die koeler tot die aand. Rook dit weer deurnag met KOUE rook tot die oggend.
Nou hang jy dit in die koeler, en na 5 dae kan jy die eerste een sny en soooooo geniet…
BRON- Stefaans Blaauw- VLEISLAND