


BLANCMANGE MET VARIASIE
250 ml mielieblom (Maizena)
2 ml sout
150 ml suiker
1,5 liter melk
2 groot eiers, geklits
7,5 ml amandelgeursel
Meng mielieblom, sout en suiker, maak aan met 100 ml van die melk.
Verhit res van melk. Voeg mielieblommengsel by en roer gereeld.
Prut so 3 min. Roer geklitste eiers en amandel geursel by.
Kook stadig vir paar minute tot glad, gooi in voorbereide nat stol vorm.
(Kook ‘n paar perske blare saam die melk, dit gee ‘n ekstra smakie)
Ek het net ‘n klomp pruimedante in water geweek, toe in ‘n potjie gesit met port en bietjie suiker en dit gekook tot stroperig en uitgepof.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman
Foto: Rina Kleinhans
Ek het ‘n paar aarbeie baie fyn gemaak en saam met suiker en bietjie aaarbei konfyt ‘n stropie gekook, die vars aarbeie in gesmelte sjokolade gedoop en saam bedien.
Mens kan dit met enige vrugte en stroop bedien en versier na hartelus. (Al gemaak met klappermelk en xylitol versoeter, en dit was heerlik.)






