

AARTAPPELSLAAI ALA CHRISTABEL
Genoeg vir 100 mense
Ek maak die gereeld:
14 kg aartappels
Sous:
4 bottels mayo of 3 kg bottel
4 groot uie (maak fyn pasta in voedsel verwerker)
4 blikke kondensmelk
2 na 3 sakkies Aromat
± 50 g wit pepper
½ botteltjie origanum (ja origanum)
Woolies crispy onions
Meng alles saam en gooi nog sout of peper by indien nodig, Onthou dit MOET baie sout wees. Gooi oor aartappels en verkoel.
Los eiers uit, maar crispy gedroogde uie bo-op soos bv. Woolies crispy onions werk goed. 4 pakkies sal genoeg wees.
Geniet!
Resep: Christabel Garisch






