-
Die koeksister resep van my is nie so grootmaat soos almal s’n altyd is nie en hy lewer maar so 2-3dosyn hang af hoe jy hom sny natuurlik. Groot of klein.
Ek maak gewoonlik my stroop en deeg die aand voor ek wil bak dan slaap die deeg in glad wrap toegedraai in my yskas en my stroop in my vrieskas. Ek haal my stroop uit as ek my plaat aansit en olie warm word. Ek deel die stroop in 2 en hou een deel in die vrieskas. Dan voeg ek so na elke tweede doop die vrieskas stroop by die wat ek mee doop.
Ek gebruik olie ipv meel op my werkoppervlak en roller as ek deeg uitrol. Ek vind die meel wat aan jou deeg klou maak die olie vuil (swart kolletjies)
Soos ek in die post gesê het is my oog nou al in en kan ek sien of my deeg gaan werk of nie. As hy lekker werk is hy soos ‘n kougom as jy klaar gesny het trek die koeksisterbene terug in vet vingers. Ek rek hulle soos ek vleg en gooi dan in die matige warm olie. Vir my werk gas die beste om op te werk, want ek kan makliker die hitte vd olie reguleer.
Hiers my en skoonma se koeksister resep:
3 K Koekmeel
15ml Bakpoeier
knypie sout375ml vloeistof (half water/half melk)
Ek meng my droeë bestanddele saam. Maak ‘n holte in die middel en maak ‘n spinnekop met my hand (moenie lag nie) en meng dan so als saam. Seker soos ‘n menger se klou sou…
Nou my stroop is 2 tot 1 suiker en water. Gewoonlik is 4 K Suiker en 2 K Water Genoeg stroop vir bg deegbeslag.
Ek gooi saam en roer oor hitte tot kookpunt. Sodra dit kook sit ek my timer aan vir 5 min en gooi die volgende by
Knippie kremetart en 15ml Goue stroop En As jy van soet suur hou soos ekke 10 ml suurlemoensap
Ek is baie streng en hou die tang waarmee ek in die olie werk ver weg vd stroop af en gebruik my pasta lepel om die koeksisters te doop en uit te skep.
Hulle kom vir my gewoonlik VOL STROOP en kraakvars uit.
Hy slurp sommer so Ggggggglllllluuuuu as ek hul in die stroop doop.
Skies vir die opstel. Maar om slegs die resep neer te skryf is ek bang iemand dink dis ‘n foefie resep omdat dit so eenvoudig voorkom.
Hy werk vir my. Hoop ander sal ook sukses hê met hom.
Resep: Marna Earle
Foto: Nicolette Koen Van Niekerk








