KRUISEMENT JELLIE – MINT JELLY
375 ml wit suiker
250 ml wit asyn
1 pakkie groen jelly poeier
250 water
250 ml vars mint blare (fyn gekap of geknip)
1 druppel groen kleursel (opsioneel)
In ‘n diep 1.5l mikrogolf bak meng die suiker, jelly poeier, asyn en water.
Sit in die mikrogolf vir 8 minute op hoog, roer elke 2 minute.
As dit uit die mikrogolf uit kom, roer die mint blare by die jelly.
Giet in gesteriliseerde glas potte
bêre in die yskas.
Roer met vurk voor bediening