KOOKWATER DEEG VIR PASTEITJIES
Broskorsdeeg is ideaal veral vir die onderkant van pasteie en ek vind dit werk perfek vir wildsvleis pasteitjies en Cornish pasties.
125 ml kookwater
125 g botter of margarien of ‘n mengsel van botter en vet (lard)
500 ml (280 g) koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Smelt die botter in die kookwater. Sif die droë bestanddele en voeg die kookwater/botter vloeistof by en meng goed (ek gebruik my deeghak in my mengerbak om dit te meng). Dis ‘n baie sagte deeg. Sit in plastieksakkie in die yskas en verkoel ten minste vir ‘n uur tot yskoud en hard.
Op ‘n meelbestrooide oppervlak rol die deeg uit tot omgeveer 3 mm dik en sny uit soos verlang. Vul met vleisvulsel soos verkies. Smeer die rant van die deeg nat met bietjie water en druk die pastei toe en maak seker dit is styf toegeknyp. verf met melk of geklitste eier. Bak in voorverhitte oond by 200°C vir 20 min of tot goudbruin.
BRON- Elsabie Templeton
Foto: Lorinda Landman