KERRIELAMSVLEIS
Genoeg vir 6-8 mense
500 g lamsvleis, in blokkies gesny
sout en peper
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 groenrissies, ontpit en gekap
2 kerrieblare
45 ml (3 e) geroosterde masala of kerriepoeier
2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
250 ml (1 k) water
15 ml (1 e) suiker
’n hand vol vars koljander, gekap
Geur die lamsvleis met die sout en peper.
Verhit die olie in ’n kastrol en seël die vleis aan albei kante tot goudbruin. Haal uit die kastrol en laat staan eenkant.
Braai die uie, rissies, kerrieblare en masala/kerriepoeier in dieselfde pan tot bruin. Voeg die tamaties en water by en laat 10 minute prut.
Voeg die suiker by en sit die vleis terug in die kastrol. Laat prut nog 45 tot 50 minute, versier met die koljander en haal van stoof af.
Foto en getoets deur Rina Rabie – die kerrie was sooo lekker my skoonseun het twee maal gebel om dankie te se