HEERLIKE SPAGHETTI
1 pak spaghetti
2 fyn gekapte uie
1 opgehoopte teelepel knoffel
1 gekapte groot soetrissie
250 g pak sampioene, in skywe gesny
115 g tamatie pasta (NIE puree)
Breek die spaghetti in 4 stukke en kook in soutwater.
Braai die uie en knoffel saam.
Voeg die soetrissie by en braai verder.
Sny die sampioene in skywe en braai saam.
Geur met sout en peper na smaak.
Voeg die tamatie paste by en roer alles deur die spaghetti.
Resep: Marie Dumas
Foto: Rosemarie Maytham








