BESPREKING – VLEIS VIR KERSETE
Louise Groenewald
Ek is bevrees my mense hou nie van twists nie, dit moet tradisioneel wees op Kersfees, die gewone. Maak al jou vleisie in baksakkies gaar, jy kan nie verkeerd gaan nie, min moeite en altyd sag en sappig.
Leanne Thurston Coetzer
EK het nog nooit ‘n kalkoen gaargemaak nie, sal nie weet wat om daarmee te maak nie. Die ding is so groot. Dalk iemand wat mooi kan verduidelik hoe om dit garr te kry sonder dat dit droog is.
Elba Groenewald
As jul wildsboud wil gaarmaak ek gebruik roosmaryn knoffel s en p die kruie pad nie speserye soos tradisioneel ni en dis heerlik
Driesman van der Vyver
Ek vat die corn beef en haal hom uit sy net sakki en sny skywe maar ni deur ni. in die plaas ek knoffelbotter en rasperkaas en die vlg chillies met rasperkaas. ek herhaal dit tot almal klaar is. sit hom terug in sy net, werk hom toe, plaas in n baksakkie, laat vir 24 uur en bak dan.
Elba Groenewald lekker kalkoen stopsel:
Wat van broccoli kaassous gaar wit rys meng bak 180 grade omtrent 25 minute daar stuffing v kalkoen of hoender
Anne Mortleman Chambers
Years ago, when I was young and stupid and trying to impress my in-laws, I made a turducken for Christmas – a boned turkey stuffed with a boned duck, stuffed with a boned chicken. Very very fiddly, took hours – was very impressive though.
Annetjie van Huyssteen
Gebruik ontbeende hoenderborsies en sit in kleefplastiek – kap met vleishammer plat tot so dun moontlik. Plaas skyf gaar ham (met bietjie vet aan) bo-op, dan skyf kaas. Vou op sodat dit omtrent 3-dubbel is. Sny skilferkorsdeeg omtrent so 150x200mm (jy kan dit baie klein ook maak as verkies) en vou deeglik om jou vleispakkie. Seel kante goed en eierwas. Bak in oond tot deeg gaar – gewoonlik so 25min. Bedien met heerlike sous na smaak. Jy kan ook gaar spinasie en fetakaas gebruik – heerlik.
Rina Kleinhans
Sjoe maar hier is darem lekker goed, ek raak nou so lus vir kosmaak… moet nie die beef wellington vergeet nie, ook heerlik vir die groot eet
Anne Mortleman Chambers
kreefslaai…..when I was a child, we would go to the old tea rooms in the Kirstenbosch gardens (Cape Town) sometime over the Christmas holidays and crayfish mayonnaise was always on the menu …..
Thea Koen Ek maak gewoondelik die gammon gaar en maak n lekker dik mosterd sous daarby. En blikkie kondensmelk mosterd na smaak en n bietjie suurlemoen sap gemeng. Die soet suur mosterd saam met gammon is heerlik
Wynand Chantelle Van Huyssteen as dit by kersfees kom is gammon my favourite met lekker tuisgemaakte mosterd(my ma sin)
Marietjie Nel
Daai resep van Annetjie klink baie lekker – ek maak ok so hoendergereg maar sonder die deeg – bak dit net in bietjie olie – maar ek dink ek gaan die een volgende keer probeer – dankie – o en julle – daai gestolde beetring met die maaskaas is absoluut fantasties vir ‘n kerstafel – ek weet die resep is op die blog
https://foodloversrecipes.com/feestelike-krapslaai/
Hanlie Oosterhuis .
Maar gewoonlik bestaan ons ete uit vars krewe op die kole, n gammon gekook in coke versier met vars kersies, n skaap boud , cammenbert met knoffel en roosmaryn gestop en in witwyn gebak, gemarineerde uie en dan in dieselle balsamiese/rooiwyn rmarindae gebak, n slaai of 3 en dan n pavlova, en nog twee ander poedings…MAAR dan was ons altyd in Mosselbaai…..die jaar sit ek droebek en werk in Noord Natal…waar net tropiese vrugte volop is…..dalk eet ons net vruteslaai in 5 gang!?