

GEMMERKOEKIES VIR DRUKKERS
Resep geplaas en foto: Pieter Cornelius van Niekerk
FOOD LOVERS RECIPES
10 koppies koekmeel
5 koppies suiker
2 eetlepels gemmer
500 g margarine (ek verkies botter)
1 pakkie koeksoda (14 g)
2 pakkies kremetart
1 koppie kookwater
1 koppie stroop
5 ml vanilla geurselMeng kunsbotter en suiker goed, voeg vanilla by. Neem nou die kookwater, voeg die koeksoda daarby en meng goed met die suikermengsel. Meng die koekmeel en kremetart goed in. Rol uit en druk met drukker of gebruik vleismeul. Bak in n oond van 200ºC tot ligbruin (ongeveer 10 tot 12 minute).






