1 kg maer bees maalvleis
3 wortels, fyn gerasper
3 uie, fyn gekap
1 stingel seldery, fyn gekap
2 knoffel huisies, fyn gedruk
2×430 g blikke Italiaanse tamaties, fyn gedruk
1 pak 500 g macaroni
1 sakkie Rhodes tamatie pasta
1 groot glas rooi wyn vir pot en een vir jou
1 teelepel elk origanum, tiemie en basillie kruid, droog
1 pakkie 250 g gekapte spek, opsioneel
2 eetlepels olie
½ koppie gerasperde cheddar
½ koppie gerasperde mozarella
Kook die macaroni op die stoof volgens instruksies op pak.
Plaas ‘n plat boom pot oor matige tot warm kole en verhit die olie.
Braai uie, seldery wortels, knoffel en spek saam tot uie deurskynend is.
Voeg die maalvleis by en verbruin, sit die deksel op en laat prut 10min.
Voeg tamatie blikkies, tamatie pasta, wyn en kruie by. Roer goed deur en laat kook vinnig vir 5 min tot al die alkohol verdamp het. Geur met sout en peper na smaak. Plaas die deksel terug op en laat stadig prut vir 40 min.
Kyk dat daar genoeg vloeistof in die pot is. Dit moet ‘n dikkerige sop wees. Meng die macaroni in die pot in en laat verder prut vir ongeveer halfuur. Kyk van tyd tot tyd dat dit nie vasbrand nie. 10 minute voor die einde kan die twee kase bo oor gestrooi word. Plaas ‘n paar warm kole op die pot se deksel en verwyder meeste kole onder die pot.
Dit kan nou so stadig staan dat al die sous in die pasta intrek en die kaas lekker smelt.
Lewer ongeveer 4-6 porsies.








