


WOLKE POEDING
1 pak mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies
fyn appelkoos konfyt
4 eiers geskei
750 ml melk
50 ml suiker
geroosterde klapper (opsioneel)
Breek koekies in stukkies. Pak derde in bak en stip met konfyt. Herhaal lae twee keer. Klits eierwitte styf. Skep lepelsvol op beskuitjies en konfyt. Moet wolkerig lyk, moet nie plat smeer nie. Maak vla van eiergele. Moet nie kook nie! Skep dadelik lepelsvol warm vla oor eierwitte. Laat staan 1 uur voor bediening.
Foto’s: Martie Fourie Moolman en Petro van Genderen







geskuif
Elzette Olivier Jacobs
Hierdie Wolke poeding gebruik ek al vir 20jr en het al soveel mense laat O! en A! as hul by my kom eet. Dit is net Fantasties!!! Ek gebruik net Tenniskoekies ipv Mariekoekies en ek het al die kontfyt vervang met Karamel en Piesangs of Cherries en klein marshmallows of Cherries en Amandelvlokies. Hierdie is ‘n Koninglike Wenner!!!!