
THAI MIELIEKOEKIES
1 blikkie pitmielies, gedreineer
2 sprietuie fyn gesny
2 eetlepels gekapte vars koljander blare
2 teelepels vars knoffel, fyn gedruk
2 teelepels peperkorrels, fyn gemaak
2 eetlepels maizena
2 eiers, geklits
1 eetlepel vissous
2 teelepels bruinsuiker
olie vir diepbraai
sweet chilli sous vir bediening
Meng mielies, uie, koljander, knoffel, peper, maizena, eiers, vissous en bruinsuiker in ‘n mengbak.
Verhit die olie oor matige hitte.
Skep groot lepels vol van die mieliemengsel in olie en braai tot goudbruin en gaar.
Sit voor met Sweet Chilli sous en garneer met koljander.
Resep en foto: Louise Venter







geskuif