Absolute naweek bederf , braaivleis poeding, oud en jonk gaan dit geniet…!!
Kan jy nog onthou…?? ……..S’mores…. Elke kind se droom koekie…!!
40 tenniskoekies – so 2 pakkies
20 wit malvalekkers
150 g donker melksjokolade – gesmelt
Verhitte oond tot 180 °C.
Le die bakplaat met bakpapier uit. Plaas helfte tenniskoekies daarop. Sit ’n malvalekker bo-op elkeen. Plaas bakplaat in die oond vir net 2 minute. Haal uit die oond.
Skep bietjie van die gesmelte sjokolade bo-oor elke malvalekker.
Maak toe met ’n tennisbekuitjie bo-op elkeen vas.
Laat effe afkoel…. geniet …!!







