

SJOKOLADE KERSIEBESKUIT
125 g sagte botter
300 g suiker
10 ml bakpoeier
knypie sout
45 ml sterk koffiekorrels opgelos in 50ml kookwater
2 xl eiers
50 ml koffie likeur
360 g koekmeel
75 g kakao, ongeveer
350 ml karringmelk
250 ml donker sjokolade chips
125 ml gekapte neute
1 kp kersies op 1 kg meel, maar net soveel as waarvan mens hou, minder of meer.
Room botter, suiker, bakpoeier en sout.
Sif meel en kakao saam.
Meng die koffie in.
Klits eiers en likeur saam.
Sif meel en kakao saam en voeg saam bottermengsel in die eiermengsel.
Meng goed en vou in die sjokolade disks en die fyn gekapte neute. Skep in broodpan en bak sowat 50-60 min teen 180 ºC. Droog uit.
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen






