

Rina se PAMPOEN BROODJIE
My weergawe
500 ml gaar pampoen fyn gedruk
125 ml advokado olie of olie van jou keuse
250 ml koekmeel
250 ml nutty wheat
2 ml kaneel
2.5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda opgelos in 30 ml melk
375 ml suiker ( indien die pampoen reeds soet is, verminder na 250ml)
2 eiers geklits
2 ml neutmuskaat
2 ml sout
Verhit die oond tot 180ºC.
Klits die suiker, olie en eiers saam en voeg by die fyn pampoen.
Meng die droë bestanddele saam, buiten die koeksoda. Roer dit by die pampoen en suikermengsel in.
Voeg die koeksoda en melk by
Skep die deeg in ‘n goed gesmeerde broodpan, en bak vir ongeveer 1 uur , of totdat die toetspen skoon uitkom.
Indien die broodjie te donker word, maak die laaste 20min toe met foelie tot gaar.
Heerlik by braaivleis.
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Helene Kluge






