
MAASKAAS TERT
Bestanddele:
1 houer gladde maaskaas
1 blikkie gekondenseerde melk
1 pakkie kits poeding (vir die oorspronklike resep word vanilla gebruik maar jy kan ander geure ook gebruik en dan
gee dit ‘n heel ander en lekker smaak aan die tert)
1 pakkie Marie beskuitjies
Botter
Kaneel
Metode:
Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.
Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.
Maak die mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi ‘n bietjie kaneel by.
Druk die koekie mengsel plat op die bodem.
Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.
Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-op strooi of gebruik sommer ‘n flake wat fyn gemaak is.
Plaas in die yskas om te stol.
BRON- Krummel vir Krummel






