MAASKAAS TERT


MAASKAAS TERT
BRON- Krummel vir Krummel
FOOD LOVERS RECIPES
1 houer gladde maaskaas
1 blikkie gekondenseerde melk
1 pakkie kitspoeding (vir die oorspronklike resep word vanilla gebruik maar jy kan ander geure ook gebruik en dan
gee dit ‘n heel ander en lekker smaak aan die tert)
1 pakkie Marie beskuitjies
botter
kaneel

Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.
Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.
Maak die mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi ‘n bietjie kaneel by.
Druk die koekie mengsel plat op die bodem.
Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.
Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-op strooi of gebruik sommer ‘n flake wat fyn gemaak is.
Plaas in die yskas om te stol.