

GROOTMAAT KERRIE-NOEDELSLAAI
Die resep lewer 50 ruim porsies as ‘n slaai.
2 x 500 g pasta van jou keuse, ek het daai gebruik wat soos skroefies lyk – fusilli pasta.
Kook jou pasta, dreineer en hou eenkant.
2 koppies tamatiesous
1 koppie kookolie
1 koppie bruinasyn
2 koppies bruinsuiker
1 teelepel paprika
¼ koppie matige kerriepoeier
Meng die tamatiesous, olie, bruinasyn, bruinsuiker, paprika en kerriepoeier in ‘n kastrol. Verhit en roer tot die suiker opgelos is en meng met die pasta.
Kap die volgende in klein blokkies en voeg by die pasta
2 uie
2 rooi soetrissies
2 groen soetrissies
2 geel soetrissies
Sny 2 blikkies ingelegde perskes in klein stukkies en meng by die pasta, voeg bietjie van die perske se sous by die slaai en meng goed deur.
Die slaai kan al 3 dae vooraf gemaak word en raak lekkerder as dit staan.
Resep: Leanne Thurston Coetzer
Foto: Marié Fourie







geskuif