

EDDIE SE NOEDELSLAAI
1 pak noedels(klein skulpie)
1 ui fyngekap
1 groen soetrissie in blokkies gesny
1 koppie suiker
1 koppie tamatiesous
½ koppie olie
½ koppie asyn
2 eetlepels blatjang
kerriepoeier na keuse
bietjie rooipeper
Kook noedles, so 2min voor noedels gaar is voeg jou uie en soertissie by. Dreineer goed. Kook res van bestanddele saam. Voeg noedels by en bring weer tot kookpunt, Bottel warm. Ek maak altyd bietjie meer sous, hou nie daarvan as noedels te droog is nie. Baie lekker slaai.
Maak dit al vir baie jare.
Resep: Edie Janse van Rensburg






