DUMPLINGS ALA OOSTENRYK
Versamel al die ou witbrood en rolletjies en sny in blokkies en laat staan onder n doek tot dit hard is. Dan neem jy n middelslag ui en lekker varsgekapte Pietersielie (nie gedroogte pietersielie nie asb) 40 g Botter en braai die ui tot glaserig.
Sit ‘n opgehoopte eetlepel sout daarby. Rooster liggies die brood daarby en gooi ‘n opgehoopte eetlepel meel daarby tot die masse goed gemeng is. Meng 1/2 kp Melk en meng met 1 Eier. Gooi die mengsel oor die broodmasse en laat dit sweet. Vorm 4 Knöderl met nat hande en kook in sout water daarby. Ons bedien dit met Varkvleis en Sauerkraut. Geniet dit.
Beatrice Trisha Diepold








