

BASIESE VANIELJE-KAASKOEK (DIABETIES)
Gebruik dié basiese kaaskoekresep vir diabete vir die 4 variasies wat volg. Jy kan die kaaskoek ook net so eet sonder enige variasies. Pas net die porsiegroottes aan soos by elke variasie aangedui.
genoeg vir 10
200 g fyn amandels
45 ml kanola-olie
1 eierwit
450 g ricotta-kaas
450 g gladde laevet-maaskaas
40 g koekmeel
4 eiers
20 g suikerplaasvervanger (Canderel Yellow)
Verhit oond tot 180 ºC. Meng amandels, olie en eierwit saam tot gladde mengsel. Voer losboompan van 30 cm uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep amandelmengsel onder in pan en druk stewig vas met lepel se agterkant. Bak dié kors 8 – 10 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en verlaag temperatuur tot 140 ºC. Plaas res van bestanddele in voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot gladde mengsel. Skep die vulsel in die voorbereide amandelkors en smeer gelyk. Plaas losboompan in ’n oondpan en vul die oondpan met kookwater tot op die hoogte van die vulsel in die losboompan. Plaas in warm oond en bak sowat 3 uur of tot gestol soos jellie. Verwyder uit oond en laat afkoel tot louwarm. Plaas in yskas en verkoel tot gestol. Verwyder ring en sit voor.
FOTO: Bertus De Bruyn
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






