
APPELKOOS-HOENDER
FOOD LOVERS RECIPES
Sprinkel sout, peper en ook vars roosmaryn (nie te veel), oor die hoenderstukke.
Blik appelkose – Giet die appelkose en die sous in die oondpan, hang af hoeveel hoender of jy ‘n groot of klein blikkie sal gebruik.
Sprinkel bietjie bruinsuiker oor die hoender. (kan later weer oorsprinkel)
Bak teen180 ºC. Sodra lekker bruin, haal die hoenderstukke uit en verdik die sous effens met water en mielieblom .
Bedien met rys en groente.






