Mens moet eintlik daai foil bakke gebruik maar myne was te klein – toe sit ek dit in foil en maak dit weer toe met foil bo-oor – dan het ons dit in ‘n rooster gesit onder die kole bak in die binne braai so dit word nie direk op die kole gebraai nie – so hy stoom gaar van die hitte – en ek het pynappelstukkies ook ingesit met bietjie pynappelsous – en dan gee dit so effe soet smaak – dis regtig baie lekker – ek het uie ook fyn bo-oor gekerf maar baie min want my meisiekind vol nonsens met uie – die uie stoom ook lekker gaar.
Ek het die potjies knoffel gemeng met botter – so teelepel vol – dis redelik sterk, skep dit op die sampioene en rasper kaas bo-oor.
Resep en foto: Marietjie Nel








