MAKLIKE VANILLA KOEK
VANILLA PLAATKOEK
500 g suiker
6 eiers
1 teelepel vanilla geursel
350 ml water
200 ml olie
500 g koekmeel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout
Klits suiker, eiers en vanilla saam vir so 10 min, voeg water en olie by en meng vinnig deur. Voeg die meel en sout by en meng goed.
Sit die bakpoeier laaste in. en meng net vinnig deur.
Skep in voorbereide koekpanne.
Bak vir 40 min op 180 ºC
Vir sjokolade koek: laat 60 ml koekmeel uit en voeg 60 ml kakoa by.
Foto: Jeanette Martins
Resep: Nadia Jamalodeen








