
MAALVLEIS KOLWYNTJIES
500 g maalvleis
1 ui (fyn gekap)
2 tamaties (fyn gesny)
5 ml sout
12,5 ml blatjang
12,5 ml tamatiesous
Braai maalvleis in bietjie botter tot bruin. Voeg ui by en roer braai verder vir 2 tot 3 minute en voeg res van bestandele by.
DEEG
250 ml melk
125 ml olie
2 eiers
250 ml bruismeel
5 ml aromat
2 ml sout
Meng bogenoemde bestanddele tot glade deeg. Smeer kolwyntjie pannetjies en skep 5 ml deeg in pan dan 5 ml maalvleis en druk effens in met lepel. Bak vir 15 minute in oond van 220 ºC.
Indien kolwyntjie pannetjies groot is word 12,5 ml in plaas van 5 ml van elk gebruik.
GENIET!!
RESEP VANAF ANTONETTE UNGERER







Anne Snyman- Dankie vir hierdie resep. Ek het dit vanaand gemaak. Heerlik, heerlik saam met beet- en mengeslslaai. Ek het 12 muffin pannetjies gemaak. ‘n Mens kan definitief dit ‘n groot bak maak – dan net meer maalvleis.
Ek het ‘n gewone muffin pan gebruik (bo rand van pan is 5.5cm) Ek kon +- 20 uitkry. Ek het 15ml deeg onder in gegooi, 25ml maalvleis en weer 15ml deeg bo-op