


INGELEGDE WORTELS EN MIELIES
1½ kg wortels
500 ml pitmielies
4 uie fyn gesnipper
1 blikkie ingelegde tamaties
1 pakkie Royco tamatiesoppoeier
500 ml suiker
400 ml witasyn
250 ml kookolie
25 ml worcestersous
10 ml mosterdpoeier
5 ml matige kerriepoeier
halwe teelepel borrie
sout en peper na smaak
Skil wortels en sny in klein blokkies.
( Gevriesde wortelblokkies kan ook gebruik word)
Kook groente in water met bietjie sout tot gaar.
Dreineer alle water af. Maak soppoeier met 30 ml water aan .
Plaas al die ander bestanddele by die wortels in die pot saam met die soppoeier wat aangemaak is. Kook 8- 10 minute en bottel warm.
Resep: Anet Grove
Foto: Cherise Smith






