ANET SE KERRIEWORTELS
2 kg wortels ( of 1 en ‘n halwe kg wortels en 500 gram pynappelstukke)
1 kg uie fyngekap en ‘n rukkie in water gekook
4 x 250 ml suiker
50 ml matige kerriepoeier
50 ml maizena
25 ml mosterdpoeier
5 ml sout
750 ml wit asyn
Skil wortels en sny in ringetjies, kook in soutwater tot sag.
Dreineer goed. Skil en kap uie fyn, kook ‘n rukkie tot sag en dreineer baie goed. Meng suiker, kerrie, maizena en mosterdpoeier-voeg asyn by en meng
goed. Verhit mengsel tot kookpunt. Voeg alle groente by. Laat goed deurkook en bottel warm.
Resep: Anet Grove
Foto: Elza Kemp
done