

HOENDER EN RYS GEREG
1 koppie rys (rou)
1 koppie bevrore mielies, ontdooi en gedreineer (jy kan ertjies ook gebruik)
1 koppie salsa (enige tamatie salsa sal doen)
1 ½ koppies hoenderaftreksel
Hoender spesery mengsel
1 kg hoenderdye
½ koppie gerasperde cheddarkaas
½ bakkie roomkaas (in blokkies gesny) Opsioneel
1 groen ui, gesny
Sout en peper na smaak
Verhit die oond tot 200 grade C. Spuit ‘n oondbak met spray and cook.
Gooi die laag rys, dan mielies, salsa, en hoenderaftreksel in daardie volgorde in oondbak.
Gooi sout en peper oor na smaak
Smeer hoenderdye met die hoender speserye en vryf dit in
Plaas die hoenderdye bo-op die rysmengsel
Bak bedek vir 1 uur.
Verwyder die deksel van die gereg, gooi roomkaas oor (indien gebruik) en bak ‘n verdere 10 minute. Gooi cheddar kaas bo-oor en los tot kaas gesmelt
Strooi gesnyde groen uie bo-oor en bedien.
Foto: Karen Weinrebe Coetzee






