FRIKKADELLE MET KAAS EN LEKKER SOUS
Ek geur my maalvleis met spesserye – maar daar moet bietjie naetjies, koljander en neutmuskaat bykom – fyn gerasperde ui en 2 snytjies wit brood geweek in bietjie water – dan maak ek die frikkies.
Plaas en bietjie water en jimmys sous gemeng in my bower pan – sit ek frikkies daarin sodra dit kook. Draai die frikkies om na ‘n rukkie – die water jimmy mengsel raak dik. Ek sit deksel ook op om bietjie gaar te stoom – hou net jou sousmengsel dop dat dit nie wegkook nie – hulle is vinnig gaar en dis heerlik
Nota: Druk ‘n stukkie mozzarella of feta kaas in die frikkie terwyl dit rou is, dit is heerlik verby
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.