

AARTAPPEL QUICHE
800 g aartappels
½ teelepel sout
knippie swartpeper
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel botter
8 skyfies spek
320 ml grof gerasperde murgpampoentjie
1 medium ui gekerf
4 eiers geklits
250 ml room
250 ml gerasperde cheddar kaas
1 eetlepel bruismeel
Voorverhit oond 180ºC. Skil aartappels en sny in dun skyfies. Was aartappels goed af en druk oortollige water uit. Strooi sout en peper oor aartappels. Braai aartappelskyfies in die olie en botter mengsel tot gaar en goudbruin. Smeer tertpan liggies met botter. Pak die gebraaide aartappels om kors te vorm (onthou om die kante ook te pak). Braai die spek (redelik bros) en krummel. Braai die murgpampoentjies en uie in die spek olie pan. Meng die volgende saam: eiers, room, meel, sout, kaas, spek, murgpampoentjies, uie (maak seker die eiers, room en meel is goed gemeng). Giet die mengsel oor die aartappel kors. Bak vir 50 minute.
Foto: Adrian Olivier
Het gisteraand die aartappel quiche op die blog gemaak. Hy het net in plaas van die murpampoentjies en spek, die vis wat oorgebly het van die ander aand daarin gesit.






