

AARBEI VANILLA CUPCAKES
Hier is die een wat ek vandag gebak het. Dit lewer 24 kolwyntjies:
Koek:
Sif 1 box vanilla koek mengsel (Ina Paarman s’n werk goed)
Klits die volgende saam:
1/3 koppie olie
1 koppie karringmelk
½ koppie suurroom
¼ koppie mayonnaise
4 eierwitte
15 ml vanilla geursel
Voeg die megnsel by die box-mengsel en meng goed.
Bak vir 16-20min by 180ºC. Toets vanaf 15 min. Dit moet net gaar wees.
Versiersel:
Puree aarbeie om 80 ml puree te kry.
Maak 1 koppie botter/margarien sag en voeg 4 koppies versiersuiker + puree by. Meng goed. Voeg nog tot 1 koppie versiersuiker by (hang af hoe styf jy dit wil he)
Versier! Dis heerlik. As jy dit tuis bedien, versier met ‘n mooi aarbei. Myne moes skool toe, en toe het ek bietjie glitter goedjies gebruik. Ek het ook ‘n bietjie rooi jelkleursel by die deeg gegooi
Resep en foto: Maria Liebenberg







hierdie resep is flop vry. Dis super moist en super maklik. Eintlik is al die cupcakes op yourcupofcake heerlik. Die basis is koekmengsels in ‘n box en dis net lekker om iets te maak wat almal geniet!!!