
WENKE – GROENTE DEEL 1
Groente:
Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.
Om groete langer vars te hou, draai dit in waspapier toe voordat dit in die yskas gebêre word.
Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk bespaar.
Aartappels
‘n Bietjie melkpoeier maak die aartappels ook mooi donsig.
‘n Gerasperde ui gee ‘n besonderse smaak aan kapokaartappels.
Aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word.
Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.
Giet 5 ml melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor
Kapokaartappels is lig en sag as ‘n knippie bakpoeier bygevoeg word.
Kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.
Laat aartappels vir 30 minute in melk lê om mooi bruin te bak.
Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ‘n vars groen appel by dit.
Voeg ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak.
Voeg eetlepel asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie.
Voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur.
Voeg suurlemoensap by die water as jy ‘n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.
Geplaas deur Linda Venter






