

TAMATIESOUS HOENDER
My een gunsteling dis is tamatiesous hoender (die resep is uitgedink maar is ‘n ware wenner)… gemaak as volg.
2 kg hoenderstukke
2 koppies tamatiesous
1 koppie Mayonniase
1/2 koppie Mrs balls blatjang
1/4 koppie asyn
2 uie grof gekap
3 knoffel huisies opgekap
4 tamaties opgekap (vel verwyder)
8 aartappels geskil en in 1/2 gesny
4 wortels geskil en in 2 cm Stukke gesny
7.5 ml sout
vars gemaalde swart peper
50 ml kookolie of botter
Braai uie, knoffel en hoender saam, meng tamatiesous, mayo, blatjang asyn en sout. Wanneer hoender lekker gepanbraai het, giet die sous oor en sit deksel op. Wanneer hoender byna gaar is, voeg die groente by asook vars gemaalde swart peper na smaak. Jy kan ook sampioene bysit op die einde.
bedien saam rys…
RESEP: Francois Van Der Schyff






