KALKOENBOUDE
2 kalkoenboude
250ml rooiwyn
175 ml tamatiesous
175 ml chutney
100 ml mosterd
25 ml Worcestersous
75 ml water
sout, pepper en knoffel
Stap 1. Koop kalkoen boude by enige winkel waar jy dit kan opraap. Dis nie orals te koop nie omdat Suid Afrikaners nie eintlik kalkoen ken nie. So as jy dit op die rak sien, koop dit dadelik.
Stap 2. Sit so 2 boude in ‘n casserole / druk koker. Maak jou eie sous van rooiwyn, chutney, Worcestersous, mosterd, tamatiesous, bietjie sout, peper en knoffel, altesaam so 750ml sous. Gooi sous oor kalkoen met ‘n paar skywe uie bo op & druk in die oond vir min 2 ure as dit klein boudjies is, andersins 3 ure as dit groot boude is. In die druk koker so 45 min. (Groot boude pas nie in die druk koker nie).
Stap 3 Druk ‘n mes in om te kyk of die vleis doek sag is & skep ‘n bietjie sous oor.
Stap 4 Bedien op saam met enige groente.
Stap 5 Lek jou vingers af, want jy sal nie glo hoe lekker hierdie is nie.
Resep: Louise Groenewald
Foto: Tanya Smith









Tanya Smith
Baie lekker, sal dit beslis weer maak. Dit was net taai, so nou net uitfigure vir volgende keer hoe gemaak laat hy nie taai is nie