SPINASIE IN SKILFERKORS
1 ui, gekap
15 ml olie
1 kg spinasie, gewas
250 ml Cheddar kaas, gerasper
2 ronde skywe feta kaas gekrummel
3 eiers, geskei
bietjie neutmuskaat
sout en vars gemaalde swartpeper
1 x 40 g klaar bereide skilferkorsdeeg
ekstra eiergeel, om deeg mee te smeer
Soteer die ui tot sag in die olie.
Sny alle harde gedeeltes uit die spinasieblare en sny in repe.
Plaas spinasie in klein bietjie kokende water en roer deur tot spinasie net sag is. Dit sal sowat 3 min neem.
Dreineer spinasie goed en druk alle vloeistof met jou hande uit. Laat afkoel.
Voeg ui, Cheddar, Feta, geklitste eiergele en neutmuskaat by spinasie. Geur na smaak.
Rol skilferkorsdeeg oop. Klits eierwitte tot styf en roer by spinasiemengsel.
Skep vulsel in middel van deeg en vou een helfte deeg bo-oor vulsel, bestryk met water en vou die ander helfte bo-oor.
Druk liggies vas. Vou kort ente binnetoe nadat jy dit ook met water bestryk het.
Plaas in die yskas vir sowat 15 min en bestryk met geklitste eiergeel. Bak in voorverhitte oond by 220°C vir 20 min of tot ligbruin. Verlaag temperatuur tot 180°C en bak nog 10 – 15min.
Sny in skywe en dien op. Heerlik warm of koud.
Variasie: Voeg geroosterde amandels by, of bros gebraaide spekvleis.
Foto: Martie Fourie Moolman








