

GEURIGE HOENDER
4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
25 ml sojasous
25 ml droë sjerrie
120 ml mielieblom
sonneblomolie, vir diepbraai
80 ml koekmeel
90 ml suurlemoensap
30 ml suiker
15 ml sesamsaad, gerooster
noedels of rys en roerbraaigroente, om voor te sit
Sit die hoender in ‘n bak en voeg die sojasous, sjerrie en 30 ml van die mielieblom by. Laat dit vir 20 minute marineer.
Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepbraai. Meng die meel en 80 ml mielieblom en doop die gemarineerde hoender daarin. Skud die ekstra meel af en braai ‘n paar stukke op ‘n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Meng die suurlemoensap, suiker, 150 ml water en die laaste 10 ml mielieblom in ‘n mikrogolfbak. Verhit dit vir ‘n paar minute en roer af en toe tot dit verdik. Roer die hoender by. Sprinkel sesamsaad oor. Sit dadelik voor met noedels of rys en roerbraaigroente.
Foto: Suretha Jansen de Swardt







geskuif