SEEKOS TAGLIATELLI PASTA
Ek het vandag vir ‘n seekosete gecater. Hierdie tagliatelli pasta met seekossous is so maklik om te maak en almal geniet dit.
Maak die pasta soos gewoonlik gaar.
Dan maak jy witsous waarby jy room voeg vir ‘n lekker ryk sous.
Meng dan die pasta met die sous in ‘n groot bak om dit makliker te maak.
Dan voeg jy maar net enige seekos van jou keuse by en roer liggies deur.
Gerookte Paprika is baie lekker in die witsous as jy dit wil byvoeg.
Jy maak gewone witsous, verryk dit met ‘n bietjie room en voeg ook fyngemaakte knoffel by, geurmiddels (Ina Paarman garlic and Herb seasoning) en varsgemaalde swartpeper.
Jy kan enige seekosmengsel gebruik, ek het ekstra mossels bygesit en die garnale bo-op.
Jy kan die seekos in botter stirfry en dan byvoeg.
‘n Heerlike dis as jy ‘n vullende ete vir ‘n klomp mense wil maak.
Resep en foto: Louise Groenewald








