MARMELADE KONFYT
Sny suurlemoene in kwarte, haal die pitte uit, en die sny die wit gedeelte uit wat in die middel van die suurlemoene is, saam met die pitte’
Ek het ‘n paar lemoene ook bygesit.
Snipper alles in fyn repies.
Laat staan oornag, bedek die snippers met water.
Kook die fyngesnyde snippers tot sag, ek sommer gou in die stoompot gekook.
Gooi die water af sodra sag.
Vir elke koppie pulp wat ek gebruik het het ek ‘n koppie suiker gevat.
Kook tot lekker konfyt, toets ‘n bietjie op piering of dit smeerbaar is en skep warm in bottels.
BRON- Marie Rheeder Troskie








