KARAMELPOEDING
1 koppie melk
½ koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 koppie koekmeel
1½ eetlepel appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
Knippie sout
Klop eier en suiker saam. Voeg konfyt by en meng goed. Meng melk en koeksoda, hou eenkant. Voeg res van die bestandele by en maak aan met melkmengsel. Sit in bak met deksel en bak vir ¾ uur by 200°C. Skep stroop oor sodra dit uit die oond kom.
STROOP
1 koppie suiker
1 koppie melk
½ koppie kookwater
125 g botter
1 teelepel vanilla
Knipie sout
Kook alles saam en gooi kokend oor die poeding. Bedien met vla of room.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans








