


HOENDER IN BLATJANG-LEMOENSOUS
1.3 kg hoenderstukke
sout
peper
geurselsout
koekmeelblom
kookolie
2 middelslag uie, gerasper
250 ml vrugteblatjang
500 ml vars lemoensap
Vryf die hoenderporsies met die sout, peper en geurselsout. Rol die stukke in die koek meelblom en braai in warm kookolie tot goudbruin. Skep in ‘n groot kasserol. Meng die res van die bestanddele en gooi bo-oor. Sit die deksel op en bak 1½ tot 2 uur by 200°C.
Nota:
Ek het dit gemaak met ‘n verskil. Tiemie, kaneel, kerrie bygevoeg asook cranberries. Voor opdiening amandel splinters oorgegooi vir garnering. Dit was heerlik. Dankie vir al jul lekker resepte wat mens kan probeer. Goed gaan.
Foto: Linette Nolte en Ertjies de Witt






