HEERLIKE WILDSFILLET
Die toorwoord is botter, room, swartpeper en “hot English mustard” van colemans.
Sny die fillet in selinders van so ongeveer twee duim dik. Laat die porsies regop staan op ‘n houtplank. Stamp dit nou plat met die chutney of ander bottel se boom.
Smeermosterd oor en druk in vars gemaalde swartpeper.
Maak jou swaarboompan rooiwarm. Sit bietjie olyfolie in en dan botter.
Braai brandbruin aan beide kante, nie meer as ‘n minuut aan ‘n kant as jou pan regtig warm is nie (net seel en verbruin).
Plaas nou porsies op vuurvaste bord in voorverhitte oond van 250 grade C. Nie vir langer as 6 tot 10 minute nie (hang af van die dikte van die porsies en hoe gaar jy dit wil he).
Intussen deglaze jy die pan met room en sit jy versniperde sampieoene by.
Bedien met diepgebraaide ertappels en groen slaai.
Bron- Jozua de la Harpe